top of page

Oorsig oor ons skool
Pacaltsdorp Primêr is een van die oudste skole in ons land. Om presies te wees spog Pacaltsdorp Primêr as die 6de oudste skool in Suid Afrika. Die skool was gestig deur 'n sendeling erw. Carl Pacalt Met Pacalt se aankoms te hooggekraal in April 1813 het hy onmiddelik met 'n skool begin en sy eerste klaskamer was onder die groot essenhoutboom wat vandag nog oorkant die poskantoor te siene is. In 1815 twee jaar na Pacalt se aankoms kan hy rapporteer dat 100 kinders bedags al klasse bywoon in die kerkgebou wat toe reeds gebou en ingeneem was. Vandag het Pacaltsdorp Primêr 1400 leerders
bottom of page